30 Degrees South Publishers in South Africa

 

HOME

..........................

PURCHASE ON-LINE  :

 

BOOKS A - M

 

BOOKS M (cont) - T

 

BOOKS T (cont) - Z

..........................

AFRICA@ WAR SERIES

..........................

ANGLO-BOER WAR SERIES

..........................

SOUTHBOUND TITLES

..........................

LEDA PUBLISHERS

..........................

AUTHORS

 

OUR AUTHORS A - K

 

OUR AUTHORS K - Z

..........................

ABOUT US

..........................

CONTACT US

..........................

MAILING LIST

Join and be the first to know

..........................

SALES AND DISTRIBUTION

..........................

TERMS & CONDITIONS

Die Groot Trek

By Robin Binckes & Adri Kotzé

Robin Binckes & Adri Kotzé

 

Verlos van Britse Heerskappy: Eksodus van die Boere uit die Kaapkolonie, 1836

 

R355.00

 

ISBN: 978-1-928211-27-3

Sagteband / 568 pages
80 s/w Illustrasies, kaarte
Geskiedenis / Afrika Studies

 

 

Geskiedenis / Afrika Studies

 

In die vroeë beplanningsfase van die Vryheidspark was Robin Binckes 'n lid van die subkomitee oor geskiedenis. Die mate van debatvoering en bespreking - meestal heftig - het Binckes verstom.

 

So te sê elke bespreking is uit presies die teenoorgestelde siening vertolk. Een van die mees omstrede onderwerpe was die Groot Trek, die Boere se eksodus uit die Kaapkolonie in 1838. Skrywers oor die onderwerp het tradisioneel die gebeure nie net uit die perspektief van "wit geskiedenis" benader nie, maar hoofsaaklik uit dié van "Afrikanergeskiedenis".

 

Dit is nog altyd gesien as 'n "Afrikanergebeurtenis", maar dit was allermins. Die Groot Trek en die gebeure wat daartoe aanleiding gegee het, het elke deel van die samelewing betrek - Zulu, Sotho, Ndebele, Xhosa, Khoisan, Khoikhoi, Bruin, Brits, Engelssprekende Suid-Afrikaner en Boer - en dit is tyd om die trek in daardie lig, in die konteks van 'n onbevooroordeelde, moderne Suid-Afrika, uit te beeld. Soos wat gewoonlik die geval is in geskiedenis, hou al die gebeure verband met mekaar. Dit is onmoontlik om die Groot Trek te skei van gebeure wat terugstrek tot by die Portugese ontdekkingsreisigers, aangesien daardie vroeë verwikkelinge die agtergrond geskep het vir die redes vir die Groot Trek.

 

Die meeste skrywers het op die trek self gefokus terwyl Binckes 'n breë benadering gevolg het wat die impak van die vroeëre wit invalle en migrasies - Portugees, Hollands, Frans en Brits - op suidelike Afrika bestudeer. Só kan die trek en die oorsake daarvan beter verstaan word. Waar moontlik het Binckes die weergawes van ooggetuies gebruik en dit bevestig met die perspektiewe van vooraanstaande geskiedkundiges. Die eindproduk is 'n objektiewe en omvattende rekord van een van die seminale gebeure in Suid-Afrikaanse geskiedenis. Hierdie boek toon dat die Afrikaner 'n belangrike rolspeler in die Suid-Afrikaanse gemeenskap is, was en altyd sal wees - maar dit beeld die Afrikaner ook uit as deel van 'n groter prentjie. Die skrywer distansieer hom van die karakters wat die afgelope twee eeue as edel gestereotipeer is en beeld hulle lewensgetrou uit: wonderlike, heldhaftige mense met menslike gevoelens, sterk punte én tekortkominge.-

 

§ Back to list

 

 

Paygate

 

 

Visa Mastercard

 

Southbound Series

 

Facebook

 

Twitter

 

Pinterest

 

LEDA Publishers

This page contains information about Die Groot Trek en dir redes vir die Groot Trek

 

Die Groot Trek

 

WEB DESIGN. WEB OPTIMISATION, AND HOSTING BY UQH - www.ultraquickhost.com ©Ultra Quick Host ®UQH

It is illegal to copy or reproduce any information or images contained in this website without written application and subsequent

permission from Ultra Quick Host