 |
By Kamongo, Sisingi and Bezuidenhout, Leon

’n Koevoet spoorsnyer se verhaal van ’n insurgensie oorlog
Waar stof ‘n aanduiding van tyd kon gee ... vir die eerste maal, ‘n lid van Koevoet se verhaal v
R255.00
|
Hierdie is die storie van ‘n Kavango spoorsnyer wat ses jaar deel van Koevoet was , die elite Suid Afrikaanse Polisie teen-terrorisme eenheid, gedurende die Suidwes Afrika-Angola bosoorlog van die 1980’s.
Die meerderheid van die wit polisie lede het nie meer as twee jaar gehou nie; die swart lede het egter vir jare op hierdie spore geloop. Sisingi Kamongo vertel die verhaal van sowat 50 gewapende kontakte waarin hy betrokke was; hy het vyf teen-personeel en POMZ landmyne oorleef, asook ‘n RPG vuurpyl aanval op sy Casspir panser voertuig; hy is drie maal gewond; hy vertel hoe die spoorsnyers konstant gekyk het vir skadu’s in die grond, vir verskuilde hinderlae en landmyne; hy vertel van die kuns van spoorsny....waar stof ‘n aanduiding van tyd kon gee.
Kamongo se verhaal word ondersteun deur twee van Koevoet se bekendste spanleiers, Herman Grobler en Francois du Toit - ‘n kragtige versameling van wedervaringe uit Suid Afrika se mees suksesvolle teen-insurgensie eenheid
- Hierdie boek gee die eerste weergawe van ‘n nie-blanke lid van die Suid Afrikaanse veiligheidsmagte
- ‘n Unieke, voorheen onvertelde perspektief van die bosoorlog, deur ‘n “op die grond” spoorsnyer
- ‘n Kragtige, meesleurende verhaal; met die spanning amper tasbaar
§ Back to list |